Afrikaners

Hierdie artikel handel oor Afrikaners as etniese groep. Vir inligting oor die beesras, sien Afrikanerbees.
Afrikaners

Andries PretoriusJan Christian SmutsCharlize TheronPiet JoubertJ.M. CoetzeeCoert Steynberg
Totale bevolking: ca. 3,5 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 2 710 461 (2011)[2]

Vlag van Namibië Namibië 92 400 (2003)[3]
Vlag van Zambië Zambië ~41 000 (2006)[4]
Vlag van Botswana Botswana ~20 000 (2010)[5]
Flag of eSwatini Eswatini ~13 000 (2006)[4]
Vlag van Australië Australië 5 079 (2011)[6]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 197 (2013)[7]
Vlag van Argentinië Argentinië 500-1 200 (2008)[8]

Taal: Moedertaal
Afrikaans
Tweede of derde taal Engels, Bantoetale
Geloofsoortuiging: Calvinisme (Nederduitse Gereformeerde KerkNederduitsch Hervormde KerkGereformeerde KerkAfrikaanse Protestantse Kerk)ProtestantismeRooms-Katolieke KerkAteïsmeAgnostisismeJudaïsme
Verwante etniese groepe: BastersAnglo-AfrikaneKaapse MaleiersKleurlingeNederlandersVlamingeFrieseDuitsersGriekwasOorlam

Die Afrikaners is die grootste en oudste van Suid-Afrika se twee inheemse blanke bevolkings. Hulle verskil van Engelssprekende Suid-Afrikaners deur hul taalkundige en religieuse agtergrond. So is hulle merendeels van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms, met kleiner invloede van onder meer Switsers, Skandinawiërs en Portugese, en is tradisioneel aanhangers van Calvinisme, 'n vorm van Protestantisme. Naas Franko-Kanadese was Afrikaners die enigste noemenswaardige nie-Engelssprekende blanke bevolkingsgroep in die vroeëre Britse Ryk. Hul verspreiding oor die hele land het die vorming van selfregerende eentalige politieke entiteite volgens die voorbeeld van Kanada se eentalige Franssprekende provinsie Quebec of die vorming van nasionale etniese state soos in postkommunistiese Oos-Europa tot dusver verhoed.

Afrikaners is die enigste van die Suid-Afrika se twee blanke bevolkingsgroepe wat 'n eie taal, boukuns en kultuur voortgebring het wat in ander wêrelddele maklik as sulks herkenbaar is
Die Groot Trek van Afrikaners uit die Britse Kaapkolonie na die binneland was 'n soort identiteitsvormende eksodus[9]
Ná 'n lang periode van isolasie het Afrikaners nog nie daarin geslaag om kulturele bande met hul drie Moederlande (Duitsland, Frankryk en Nederland) te smee (samewerking binne die raamwerk van die Nederlandse Taalunie is voorgestel, maar deur die ANC-bewind uiteindelik nie verwesenlik nie[10]) of 'n gemeenskaplike identiteitsgevoel van alle Afrikaanssprekendes te bevorder nie. Nogtans is daar uitsonderings soos die Bastillefees in Franschhoek, 'n gebied van Franse volksplanting op klein skaal

Die totale Afrikanerbevolking word tans op 3,5 miljoen beraam, van wie net onder 3 miljoen in Suid-Afrika woon en waar hulle 5% van die nasionale bevolking uitmaak. Alhoewel die verstedelikingspatroon van Afrikaners nie merkbaar van dié van Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners verskil nie, vorm landbou en 'n plattelandse leefstyl, wat daaraan verbonde is, deel van Afrikaners se nasionale tradisies. In die heersende klimaat van wetteloosheid het boerderye 'n sagte teiken vir moordende roofbendes geword. So word Afrikanerboere teen 'n koers van meer as drie keer die nasionale moordsyfer, en teen een van die hoogste koerse ter wêreld, vermoor.[11][12]

In die verlede is ook eienskappe met Afrikanerskap in verband gebring, soos volkstrots, morele standaarde, taaltrots en 'n affiniteit met die geskiedenis van die Afrikaner en die Boererepublieke soos die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van die Oranje-Vrystaat, asook die Kaapkolonie.

Die Afrikaners het in die verlede na hulself verwys as Hollandssprekendes, die Hollandssprekende bevolking of Hollandssprekende Afrikaners. Voor 1925 is byna altyd na die Afrikaners verwys as Hollandssprekende Afrikaners, want in die tyd is ook soms verwys na Engelssprekende Afrikaners. Tussen 1925 en die Tweede Wêreldoorlog is nog dikwels na die Afrikaners verwys as Hollandssprekende Afrikaners. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die benaming Afrikaanssprekende Afrikaner skering en inslag gevind. Vandag word slegs na Afrikaners verwys.

  1. (en) Afrikaner – Unrepresented Nations and Peoples Organization. Besoek op 24 Augustus 2014.
  2. (en) "Census 2011: Census in brief". Statistics South Africa. p. 26. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Desember 2018. Besoek op 26 Junie 2013.
  3. "Demographics" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2019. Besoek op 18 Maart 2015.
  4. 4,0 4,1 (en) "Afrikaans". Ethnologue. 19 Februarie 1999. Besoek op 12 Mei 2014.
  5. (en) Chris McIntyre. Botswana: Okavango Delta – Chobe – Northern Kalahari (2010 uitg.). Bradt Travel Guides Ltd. p. 37. ISBN 978-1-84162-308-5.
  6. (en) The People of Australia: Statistics from the 2011 Census Geargiveer 14 Julie 2014 op Wayback Machine – Department of Immigration and Border Protection. bl. 29, bl. 55. Besoek op 8 Augustus 2014.
  7. (en) 2013 Census QuickStats about culture and identity Geargiveer 24 Mei 2014 op Wayback Machine (Excel file) – Statistics New Zealand. Besoek op 8 Augustus 2014.
  8. (en) Ricky Hunt (4 Februarie 2011). "The last Boers of Patagonia". Mail & Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018. Besoek op 16 Mei 2017.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  9. (fr) Paul Coquerel: L'Afrique du Sud des Afrikaners. Bruxelles: Éditions Complexe 1992
  10. (af) Maroela Media, 16 Januarie 2014: SA regering 'betreur' ooreenkoms oor taalsamewerking
  11. (en) http://unpo.org/members/8148
  12. (en) [1] Geargiveer 14 April 2019 op Wayback Machine

Developed by StudentB